"Van Weelde En Rykdom" lyrics


FOKOFPOLISIEKAR LYRICS

"Van Weelde En Rykdom"

ek probeer 'n lae profiel handhaaf
en ek probeer om my growwe kante glad te skaaf

as ek net kon beter voel
as ek net kon beter doen
dis 'n logiese afleiding
na jare se breinskade
is ek tot afhanklike verdoem

als wat skitter glinster selde heeltyd dieselfde
en in retrospek
is dit jou naaste wat jou mishandel

ek word deur my begeertes beheer
ek's net 'n leek
wat selde uit sy foute uit leer
ek laat myself in die steek
keer op keer
keer op keer
is ek onbeskut teen stormweer

als wat skitter glinster selde heeltyd dieselfde
en in retrospek
is dit jou naaste wat jy mishandel

ek dink ek weet
ek dink ek weet hoe jy voel
maar hoe kan mens verseker wees?

Submit Corrections

Punk Lyrics | F | FOKOFPOLISIEKAR

All lyrics are property and copyright of their actual owners and provided for educational purposes and personal use only
Privacy Policy | Contact E-Mail | Non-lyrical content © PLyrics.com