"Die Seksuele Revolusie" lyrics


FOKOFPOLISIEKAR LYRICS

"Die Seksuele Revolusie"

Onskuld is 'n vrug
'n Droė metafoor vir ouer raak
Ek stap versigtig met 'n blinddoek op

Dis baie mooi as twee jong mense soen
Begeerte is 'n spieėlbeeld
Omstandigheid 'n luuksheid van
gesonde verstand
Dis dalk onplesierig
maar die roltrap moet jy trap

Onskuld is 'n vrug
'n Droė metafoor wat ouer raak
Ek stap versigtig met 'n blinddoek op

Ons kort 'n lyer
'n Bedrieėr om ons op te sweep
om vir ons rigting te kan gee
en al die kenners stem ooreen

Jou eie graf moet jy seker
maar self grawe
Jou eie doodskis jouself maak
Jou eie toespraak by jou begrafnis praat

Onskuld is 'n vrug
'n Vrot metafoor vir ouer raak
Ek stap versigtig met 'n blinddoek op

Jou breinkind gaan jou doodmaak
en almal sal verstaan
Hy is uit kadawers aanmekaar geslaan

Onskuld is 'n vrug
'n Droė metafoor wat ouer raak
Ek stap versigtig met 'n blinddoek op

Submit Corrections

Punk Lyrics | F | FOKOFPOLISIEKAR

All lyrics are property and copyright of their actual owners and provided for educational purposes and personal use only
Privacy Policy | Contact E-Mail | Non-lyrical content © PLyrics.com